Universiteit vier vrouemaand

Lees ook :

Die Sol Plaatje-universiteit gaan verskeie byeenkomste gedurende vrouemaand aanbied. Vanjaar se tema is die rol van vroue in Suid-Afrika se bevrydingstryd.

Simlane Nkadimeng, die uitvoerende burgemeester van die Polokwane- plaaslike munisipaliteit sal vanaand die eerste byeenkoms by die universiteit met ’n lesing afskop. Nkadimeng is ook die president van die Vereniging vir Plaaslike Regering (SALGA). 

Nkadimeng se praatjie gaan oor haar suster, Nokuthula Simelane, wat in 1983 vermis geraak het en haar 22 jaarlange reis op soek na die waarheid en geregtigheid vir haar suster se verdwyning.

Die lesing vind op Donderdag 1 Augustus 2019 om 18:00 in die biblioteekouditorium plaas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief