Nuwe munisipale bestuurder ’n fout, sê DA

Lees ook :

Die DA in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op Bentley Vass, die LUR van Coghsta, om onmiddellik die aanstelling van die nuwe waarnemende munisipale bestuurder van Sol Plaatje-munisipaliteit, Nomonde Tyabashe-Kesiamang, te herroep.

Christopher Phiri, DA-hoofsweep in die Noord-Kaap, het tydens ’n perskonferensie gesê die DA weier om die aanstelling te erken.

Phiri sê Tyabashe-Kesiamang was byna opgeskort in haar vorige kapasiteit as direkteur van strategie, ekonomiese ontwikkeling en beplanning. Sy is na bewering verantwoordelik vir die verbeuring van R110 miljoen vir die Galeshewe-stormwaterstelsel se opknappingsprojek 

Die raadsvergadering waartydens Tyabashe-Kesiamang aangestel is, was chaoties, sê Phiri. Tyabashe-Kesiamang is nooit amptelik as ’n kandidaat voorgestel nie. Haar naam het ook nie op die bywoningsregister vir die vergadering verskyn nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief