Die DA in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op Bentley Vass, die LUR van Coghsta, om onmiddellik die aanstelling van die nuwe waarnemende munisipale bestuurder van Sol Plaatje-munisipaliteit, Nomonde Tyabashe-Kesiamang, te herroep.
Christopher Phiri, DA-hoofsweep in die Noord-Kaap, het tydens ’n perskonferensie gesê die DA weier om die aanstelling te erken.
Phiri sê Tyabashe-Kesiamang was byna opgeskort in haar vorige kapasiteit as direkteur van strategie, ekonomiese ontwikkeling en beplanning. Sy is na bewering verantwoordelik vir die verbeuring van R110 miljoen vir die Galeshewe-stormwaterstelsel se opknappingsprojek
Die raadsvergadering waartydens Tyabashe-Kesiamang aangestel is, was chaoties, sê Phiri. Tyabashe-Kesiamang is nooit amptelik as ’n kandidaat voorgestel nie. Haar naam het ook nie op die bywoningsregister vir die vergadering verskyn nie.