Universiteitshoof vir ‘moord en poging tot moord’ in hegtenis – 10 in hof

Lees ook :

Foto: University of Fort Hare Facebook-blad

ALICE, OOS-KAAP. – Isaac Plaatjies, direkteur vir ondersoek- en keuringsdienste van die Universiteit van Fort Hare, is verlede week op aanklag van moord en poging tot moord in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe sê hierdie is nog ‘n deurbraak met die tiende verdagte wat vasgetrek is vir misdade wat by die universiteit plaasgevind het.

Plaatjies het Maandag vlugtig in die Alice-landdroshof verskyn. Hy sal weer vandag saam met nege ander verdagtes in dieselfde hof voorkom.

‘n Polisietaakspan het Bongani Peter, Wanini Khuza,, Sicelo Mbulawa, Mthobisi Kanyeli en Mthobisi Dlamini in April in hegtenis geneem. Al vyf die beskuldigdes se borg is in Mei geweier. Mbulawa is egter in November in die Makhanda-hooggeregshof R75 000 borg toegestaan.

Konst. Lindokuhle Manjati is as ‘n sesde verdagte in Julie in hegtenis geneem. In Augustus is Zimele Chiliza, ‘n taxibaas, en Pelisa Nkonyeni, die vrou van die polisiebeampte wat ‘n prokureur is, ook as die sewende en agtste verdagtes vasgetrek. Gedurende September is Thamsanga Mgwetyana as die negende verdagte in hegtenis geneem, en nou Isaac Plaatjies op 17 November.

Volgens Mathe sal Cassel Mathale, die adjunkminister van polisie, en genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, die bestuur van die SAPD begelei tydens bywoning van die verrigtinge in die Alice-landdroshof.

Nog inhegteninsnemings word nie deur die taakspan uitgesluit nie. Die ondersoek duur voort.

Mathe het die inhegtenisnemings deur die taakspan soos volg verduidelik:

Below is a breakdown of the arrests effected so far by the police’s task team.

In April 2023 five (5) suspects were arrested and charged for all these cases.
•Bongani Peter , Chief Operating Transport Officer: Fort Hare University
•Wanini Khuza a retired Supervisor of drivers at University of Fort Hare East London Campus.
•Sicelo Mbulawa , Former SRC member and Businessman who also provides services at the University of Fort Hare.
•Mthobisi Khanyile, a criminal from KZN who specialises in stolen vehicles ( SUV & Bakkies) across the border of RSA.
•Mthobisi Dlamini a habitual housebreaker with over 15 house breaking and theft cases, operating in KZN mainly around Berea, Mayville and Morningside.
●In July 2023 a Police Officer attached to Maderia SAPS Detection Services Constable Lindokuhle Manjati was arrested, charged and added as accused 6.
●In August 2023, Zimele Chiliza a taxi boss in KZN and the wife of the Police Officer who is an Attorney, Pelisa Nkonyeni were arrested and charged and added as accused 7 and 8 respectively.
●In September 2023, Thamsanqa Mgwetyana was successfully located hiding in KZN and was charged and added as accused 9.
●On the 17th November 2023 Isaac Plaatjies the University’s Director of Investigation and Vetting Services was arrested , charged and added as accused 10.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief