US maak ontdekking in Cannabis-navorsing

Lees ook :

Foto's: Universiteit Stellenbosch **Foto 1:** Dr Magriet Muller by ’n hoë-resolusie massaspektrometer in die LC-MS-laboratorium van Stellenbosch Universiteit se Sentrale Analitiese Fasiliteit. Foto: Wiida Fourie-Basson **Foto 2:** Tweedimensionele vloeistofchromatografie van fenoliese verbindings uit Cannabis-blare en -knoppe. Elke piek dui op ’n unieke verbinding, met ’n voorbeeldstruktuur van die nuwe flavoalkaloïede links bo. Foto: Magriet Muller

WES-KAAP. – ’n Navorsingspan van Universiteit Stellenbosch het vir die eerste keer bewyse gevind van ’n skaars klas fenoliese verbindings, bekend as flavoalkaloïede, in Cannabis-blare. Fenoliese verbindings, insluitend flavonoïede, is veral belangrik in die farmaseutiese industrie vir hul antioksidant-, anti-inflammatoriese en anti-karsinogeniese eienskappe.

Die universiteit sê in ‘n verklaring die span het 79 fenoliese verbindings in drie kommersiële Cannabis-stamme in Suid-Afrika geïdentifiseer, waarvan 25 nog nooit tevore in Cannabis aangemeld is nie. Sestien van dié verbindings is as flavoalkaloïede aangewys, hoofsaaklik in die blare van een stam.

“Cannabis is ’n buitengewoon komplekse plant met meer as 750 metaboliete, en ons het nie soveel variasie in fenoliese profiele tussen net drie stamme verwag nie,” sê dr. Magriet Muller van die Sentrale Analitiese Fasiliteit by die US, en eerste outeur van die studie.

Volgens haar studieleier, prof. André de Villiers, het die gebruik van tweedimensionele vloeistofchromatografie dit moontlik gemaak om hierdie seldsame verbindings vir die eerste keer te skei en op te spoor. Hy beklemtoon dat Cannabis steeds groot navorsingspotensiaal inhou buiten die reeds bekende kannabinoïede.

Druk hier om meer te lees.

Foto 1: Dr Magriet Muller by ’n hoë-resolusie massaspektrometer in die LC-MS-laboratorium van Universiteit Stellenbosch se Sentrale Analitiese Fasiliteit. Foto: Wiida Fourie-Basson

Foto 2: Tweedimensionele vloeistofchromatografie van fenoliese verbindings uit Cannabis-blare en -knoppe. Elke piek dui op ’n unieke verbinding, met ’n voorbeeldstruktuur van die nuwe flavoalkaloïede links bo. Foto: Magriet Muller

Bron: Wiida Fourie-Basson (Fakulteit Wetenskap)

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief