Vakansiegangers beseer toe hulle keer dat baba in stootwaentjie ‘gegryp’ word

Lees ook :

Foto: Mi7 National Group

KWAZULU-NATAL. – Twee mans wat drie verdagtes in Hiberdene afgeweer het wat glo ‘n stootwaentjie met ‘n baba in probeer vat het, het beserings opgedoen.

Mi7 National Group sê hulle is na ‘n aanrandingstoneel met twee beseerde mans, een met ‘n steekwond aan sy hand en nog een wat met ‘n knopkierie aangerand is.

Na bewering het die twee mans en hulle families na ‘n afgeleë strand gegaan waar hulle glo deur die drie verdagtes genader is. Die verdagtes het glo probeer om ‘n stootwaentjie met ‘n baba in te gryp. Beide die mans, wat in die sekuriteitsbedryf is, het die verdagtes probeer afweer, waartydens hulle beseer is.

Die verdagtes het glo daarna te voet gevlug.

Beide die beseerdes is gestabiliseer en vir verdere behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

Vakansiegangers word versoek om nie na afgeleë strande te gaan nie.

Bron: Mi7 National Group

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief