Valke behaal deurbraak in meer as 10 jaar oue kleutermoordsaak

Lees ook :

Foto: Algoa FM

OOS-KAAP. – Robin Clarke en Kristen Ferreira is op 9 Desember in die Gqeberha-hooggeregshof skuldig bevind in die moordsaak van Krisley Faith Dirker (19 mnde. oud ten tyde van die misdaad).

Die saak, wat in 2020 aan die Valke toegewys is, ná ingryping deur die provinsiale polisiebestuur, het ontstaan uit ’n voorval gedurende Oktober 2013 toe die baba met ernstige beserings na ‘n mediese fasiliteit geneem is. Sy is in daardie stadium deur Clarke versorg terwyl Ferreira by haar werk was. Die kind is later oorlede, wat destyds groot skok in die gemeenskap veroorsaak het. Die Hooggeregshof het bevind dat Clarke ’n direkte rol gespeel het in die aanval op die kind en dat beide beskuldigdes hul plig versuim het om haar te beskerm.

AO Ndiphiwe Mhlakuvana sê Clarke en Ferreira is gedurende September 2022, ná ’n uitgebreide ondersoek deur die Valke, in hegtenis geneem. Clarke is destyds in aanhouding geplaas, terwyl Ferreira op borgtog met streng voorwaardes vrygelaat is.

‘n Belangrike mylpaal is nou bereik nadat twee beskuldigdes in een van die ontstellendste kindermoordsake in dié provinsie skuldig bevind is. Die uitspraak volg ná ’n langdurige, komplekse ondersoek wat meer as ’n dekade en verskeie jurisdiksies beslaan het. Die Valke beskryf die ondersoek as uiters tegnies, sensitief en kompleks. ’n Span ondersoekbeamptes het oor jare heen aan ’n deeglike, gestruktureerde ondersoek gewerk wat uiteindelik in 2022 tot die uitreiking van lasbriewe én die arrestasies van beide verdagtes gelei het.

Die saak is vir verdere hofverrigtinge tot 3 Februarie 2026 uitgestel.

Bronne: SAPD en Algoa FM

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief