KWAZULU-NATAL. – Mohammed Ismail Tshose (41) word deur die Valke in Pietermaritzburg vir beweerde bedrog gesoek. ‘n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik.
Lt.kol. Simphiwe Mhlongo sê bedrieglike betalings is op 6 April 2023 vanaf die banksisteem van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling aan besighede wat nie daarop geregtig was nie, gemaak.
Tshose bevind hom vermoedelik in Rustenburg, Noordwes of in Gauteng.
Enigiemand met inligting oor waar Tshose hom bevind, kan kapt. Brad Swift by 082 567 4146 kontak.





