Vals klagtes van kinderontvoering en verkragting het vroue in warm water

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (26) is deur die polisie van meineed aangekla, nadat sy die ontvoering van haar drie maande oue baba deur drie mans op 12 September in die Melmoth-gebied versin het. Nog ‘n vrou (21) het onder eed gelieg dat haar oom haar verkrag het. Sy sal ook vandag op ‘n aanklag van meineed in die Madadeni-landdroshof voorkom.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die gemeenskap moet hulleself daarvan weerhou om vals sake aanhangig te maak, veral dié wat met geweld teen vroue en kinders verband hou. Nadat die ontvoeringsklag geopen is, het ‘n soekspan, bestaande uit verskeie rolspelers, ontplooi en ná ure se intensiewe soektog het dit geblyk die vrou het nooit geboorte gegee nie en het gelieg. Volgens rapportering het sy vir haar kêrel en sy familie gesê sy was swanger en het geboorte geskenk, terwyl sy aan haar eie familie vertel het sy het ’n miskraam gehad. Sy is in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het en sy is vir meineed aangekla. Sy sal vandag (Dinsdag) op aanklagte in die Melmoth-landdroshof verskyn.

’n Tweede vrou (21), wat beweer het haar oom het haar verkrag, sal ook vandag in die hof voorkom. Sy het onder eed gelieg, wat later ontbloot is. Die oom was egter reeds weens die beweerde verkragting van sy niggie (15) in Blaaubosch, Madadeni, in aanhouding.

Kol. Robert Netshiunda het gewaarsku: “Om ’n valse saak aan te meld, is ’n misdryf en die polisie sal verseker dat dié wat die polisie se beperkte hulpbronne mors deur vals sake oop te maak, deur die gevolge van die reg in die gesig gestaar word. Die tyd wat die polisie spandeer aan denkbeeldige sake en die ondersoek van nie-bestaande misdade kan gebruik word om werklike misdade te voorkom, te bekamp en te ondersoek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief