Vals Truecaller-profiel wys provinsiale polisiekommissaris se landlyn

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die polisie in die provinsie het die publiek gewaarsku oor ’n valse Truecaller-profiel wat gekoppel is aan die landlynnommer 021 811 2463 en valslik die naam van lt.genl. (adv.) Thembisile Patekile vertoon.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring hierdie profiel het geen verband met die provinsiale kommissaris of die polisie nie. Die publiek word gewaarsku om nie met oproepers van hierdie nommer te skakel of enige persoonlike inligting te deel nie. Verdagte oproepe of bedrog moet by die naaste polisiekantoor of deur die SAPD se Stop Misdaad-nommer 08600 10111 aangemeld word.

Die polisie beklemtoon dat amptelike kommunikasie altyd deur wettige kanale geverifieer moet word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief