‘Vals’ vrouedokter by Tembisa-hospitaal vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Vrou wat haar na bewering valslik as ‘n dokter voorgedoen het, is Dinsdagaand by Tembisa Tersiêre Hospitaal vasgetrek.

Die gesondheidsdepartement sê die vrou is in hegtenis geneem en ‘n saak is by Rabasotho-polisiestasie teen die beweerde dokter oopgemaak. Die polisie en die hospitaal ondersoek die voorval om vas te stel hoe die verdagte toegang tot die hospitaal verkry het.

“Ongekwalifiseerde individue wat as mediese beroepslui voordoen, stel lewens in gevaar.”

Die departement herrinner dit is ‘n kriminele misdaad indien enigiemand hulleself as ‘n professionele gesondheidsorg-individu voordoen.

Mediese berooepslui wat praktiseer, moet wetlik by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer wees. Die departement waarsku pasiënte teen diegene wat hulleself voordoen en sê hulle werk voortdurend om die personeel en pasiënte veilig te hou.

Wayne Mdhluli het op die Facebook-blad van die hospitaal reageer deur te sê: “That’s why patients are dying, because of this nonsense of unqualified doctors.”

Rose Imbali het op haar beurt gesê: “Am sure she’s not the only one. 😢

Die “dokter” sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief