Vanaand is die afskopkonsert vir Afrikaans is Groot 2022. Die wenner van Die Kontrak Seisoen 2 word ook aangekondig.
Gaan jy? Is jy opgewonde? En deel vir oulaas wie jou gunsteling is om as die wenner vir Die Kontrak Seisoen 2 aangekondig te word. Samantha Leonard of Dodo Nyoka?
Die aankondiging van die wenner sal “live” op sosiale media wees indien jy nie die konsert kan bywoon nie.
AIG het gister ‘n foto geplaas van kunstenaars op die trappe tydens die oefening in aanloop tot die konsert.
Die vraag was of jy die sangers in die foto kon herken.
AIG se organiseerders het intussen gewaarsku dat jy moet seker wees dat jy ‘n geldige kaartjie in jou besit het van iTickets SA. Geen kaartjie van WWW.VIAGOGO.CO.ZA sal toegelaat word nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





