VSA. – ’n Varknier is uit ‘n vrou van Alabama verwyder na sy vir ’n rekord 130 dae daarmee gelewe het.
Lees ook: Man met varknier oorlede
Dokters moes verlede week die nier uit Towana Looney verwyder na haar liggaam dit verwerp het.
Looney het die nier op 25 November 2024 in New York ontvang, maar haar liggaam het dit nou verwerp.
Sy is by die huis en ontvang weer dialise. Sy het in 1999 ’n nier aan haar ma geskenk, maar nadat
swangerskap-verwante komplikasies haar enigste oorblywende nier beskadig het, moes sy sedert 2016 dialise ontvang.
Verskeie pasiënte wat voorheen varkorgane ontvang het, is na ’n paar maande oorlede.
Bronne: The Independent, USA Today, eNCA
Lees ook: Man met varknier oorlede





