Die Varsitybeker het in die voorlaaste rondte weereens opwindende rugby opgelewer toe die FNB Maties tuis gespeel het teen die punte voorlopers, FNB NWU Arende. Die spanne het Maandagaand op ‘n winderige Danie Craven-stadion teen mekaar te staan gekom om die stryd van semi-finaal plekke te verseker. Die manne van Stellenbosch het uiteindelik met 30-26 vir die Pukke die loef afgesteek.
Die tuisspan het halftyd die kleedkamers ingegaan met ‘n voorsprong van 15 punte. Die besoekers het egter teruggekeer met hernude passie en twee drieë gedruk binne agt minute. Die Maroen Masjien het hul geloof behou en die bal deur verskeie fases gesit, ondanks vasberade FNB NWU-verdediging. Met net vier minute oor , het Louw Du Toit die bal uit die losskrum gekry, ‘n fop aangee gegee om die verdediging te klop en sy span weer te laat voorloop. MC van Heerden het die wind tot sy voordeel gebruik om ‘n moeilike verdoeling te skop, wat sy span ‘n vier-punt voorsprong gegee het. Maties kon daarna volgehoue aanvalle van die Arende afweer en die vreugdevure laat brand in Matieland.
Punte makers:
FNB Maties: (18) 30
Drieë: Strafdrie, Louis Fourie, CJ Erasmus, Keanuh Michaels, Louw Du Toit
FNB NWU Arende: (3) 26
Drieë: Raniel Turner, Leejay Petersen, Logan Janeke
FNB Speler van die Wedstryd: Ruan van Willing (FNB NWU Arende)
Ander tellings in die reeks
FNB UFS Shimlas 40-33 FNB UCT Ikeys
FNB UP-Tuks 27-24 FNB Emeris
FNB CUT 13-29 FNB UJ
Lees ook: https://nuusflits.com/varsitybeker-driee-fees-in-rondte-4/
Foto aXnshots – Johan Maree
Vir meer foto’s, klik hier. Foto’s deur Johan Maree aXnShots.





