KWAZULU-NATAL. – Dewald Beetge, ‘n veiligheidsbeampte van Gladiator-veiligheidsdienste in Hiberdene, is Woensdagmiddag omstreeks 14:35 deur verdagtes in sy huis aangeval en geskiet.
Gladiator Security Services sê in ‘n sosialemediaplasing Dewald het van patrollies teruggekeer toe hy deur indringers aangeval is en skietwonde opgedoen het. Hy is per helikopter na Durban vervoer en ontvang tans mediese behandeling in ‘n hospitaal. Die organisasie het die gemeenskap gevra om saam met hulle vir Dewald se herstel, krag en vrede te bid. “Ons vra dat julle Dewald, sy geliefdes en die mediese span in julle gedagtes hou.”
Veranderinge oor Dewald se toestand sal gedeel word namate dit beskikbaar is.
#warriorspirit#WeStandTogether#PrayersForDewald#CommunityStrong#securityfamily