Veiligheidsbeampte red kind van verdrinking

Lees ook :

Foto's: Marshall Security

KWAZULU-NATAL. – ’n Jong kind is in ‘n kritieke toestand nadat hy Saterdagmiddag by ’n vakansiekompleks in Lagoon Drive, Umhlanga, in ’n swembad geval het. ‘n Veiligheidsbeampte wat aan diens was, het sonder om twee keer te dink in die swembad gespring, waarna hy KPR op die drenkeling toegepas het.

Luidens ‘n verklaring van Marshall Security het die veiligheidsbeampte, wat die promenade gepatrolleer het, in die swembad gespring en die bewustelose kind na veiligheid gebring. Hy het daarna KPR toegepas totdat verdere mediese hulp opgedaag het. ’n Ander veiligheidsbeampte het lewensredders ontbied, wat gehelp het om KPR toe te pas. Netcare 911-paramedici het op die toneel aangekom, die kind gevorderde mediese behandeling gegee, gestabiliseer en na ‘n hospitaal vervoer.

Volgens die veiligheidsmaatskappy sal die kind na verwagting ten volle herstel, danksy die vinnige optrede van die beampte. Die maatskappy prys sy vinnige reaksie en moed en beklemtoon dat goeie veiligheid nie net oor patrollering en alarms gaan nie, maar oor mense wat regtig omgee en vinnig kan optree in noodsituasies.

Colin Eales het kommentaar op die sosialemediaplasing gelewer: “The guard is a Crusaders Rugby 1st team player, newly recruited earlier this year. His nickname is ‘Happy’. He is a good young man with a bright future ahead of him. Thank you, Marshall for giving him an opportunity as well! Incredibly proud of you, Happy! Well done!”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief