Veiligheidsreëlings vir Julius Malema se vonnisoplegging in plek

Lees ook :

Foto: Skermgreep van eNCA opname

Kyk in die AfriForum video-opname hier onder hoe verskeie ondersteuners in die omgewing van die hof saamdrom en die omstrede Kill the Boer-lied sing.

OOS-KAAP. – Die polisie sê hulle is ten volle voorbereid om die openbare orde te handhaaf tydens die vonnisoplegging van Julius Malema wat vandag en Donderdag (15 en 16 April) by die Oos-Londen-landdroshof in KuGompo City sal plaasvind.

Brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, sê voldoende beamptes is ontplooi om die veiligheid van hofpersoneel, regspanne, die beskuldigde, die media en die publiek te verseker. Die ontplooiing is gebaseer op ’n deeglike risikobepaling en sekere operasionele besonderhede sal om veiligheidsredes nie bekend gemaak kan word nie. Die polisie sal egter ’n sigbare teenwoordigheid in en om die hof hê, insluitend openbare-orde-polisiëringseenhede, om te verseker dat die verrigtinge sonder enige ontwrigting verloop.

Motoriste word gewaarsku oor padsluitings in en om die hofgebied, insluitend Oxfordstraat, Fleetstraat en ander sentrale roetes. Alternatiewe roetes soos die N2 en R72 word aanbeveel, en die publiek word gevra om die gebied tydens die verrigtinge te vermy. Gantana vra die publiek voorts om slegs amptelike inligting te volg en nie onbetroubare sosialemediaberigte te versprei nie. Enige onwettige optrede sal streng volgens die wet hanteer word.

Bronne: eNCA, AfriForum en SAPd

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief