Veiligheidswenke vir nasionale en provinsiale verkiesings

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Die polisie het wenke gegee om kiesers veilig voor, tydens en na die verkiesing te hou.

Kol. Cherelle Ehlers sê die Noord-Kaap-polisie is op volle krag om burgers se veiligheid te verseker. Om persoonlike veiligheid tydens die verkiesing te verseker, kan die volgende voorsorgmaatreëls nagekom word.

Intimidasie, dreigemente en aanhitsing van geweld in enige vorm en selfs op digitale platforms sal nie deur die polisie geduld word nie. Die aanlyn deel van vals inligting sal onder die kubermisdaadwet hanteer word.

Dreigemente teenoor eiendom van ‘n ander, groep, of noodsaaklike infrastruktuur is ‘n kriminele misdaad. Indien ‘n individu skuldig bevind word aan ‘n kriminele klagte kan tronkstraf opgelê word.

Ehlers sê die polisie sal teen die onwettige verwydering of verberging en selfs beskadiging van enige stem- of verkiesingsmateriaal optree. Die skend of onwettige verwydering van enige advertensiebord of plakkaat deur ‘n geregistreerde party of kandidaat is ‘n misdryf ingevolge die Kieswet en oortreders sal onderheweig wees aan ‘n boete of 10 jaar gevangenisstraf.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief