Veldgids sterf tydens insident met olifant

Lees ook :

Veldgids sterf tydens olifant-insident. Foto's: Gondwana

MOSSELBAAI, WES-KAAP. – David Kandela (36) is Sondagmiddag dood nadat hy ’n olifant  in die Gondwana- privaat wildreservaat teëgekom het en deur die dier bestorm en doodgetrap is. Hy was ’n veldgids by die reservaat.

Volgens die reservaat het die insident ongeveer 15:00 plaasgevind toe een van die reservaat se trop olifante rustig deur die Tented Eco-kamp beweeg het. Na bewering was die trop amper deur die kamp toe Kandela die laaste olifant teëgekom het en hy deur die dier doodgetrap is.

Kandela het in Desember 2023 by die reservaat aangesluit en glo dadelik deel van die gemeenskap geword. Volgens sy werkgewers het hy ’n passie vir sy werk gehad.

Lt.kol. Malcom Pojie, polisiewoordvoerder, sê daar is ’n geregtelike doodsondersoekdossier deur die KwaNonqaba-SAPD geopen.

Gondwana- privaat wildreservaat het hulle medelye teenoor almal wat deur die insident geraak is, uitgespreek.

Bronne: Gondwana Private Game Reserve, SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief