KAAPSTAD. – Die Stad Kaapstad se Safe Zone-veldtog om verdrinkings te voorkom, is in volle swang met die feesseisoen wat amptelik begin het.
Lees ook: Kaapstad gee datums vir vullisverwydering
Mense word herinner om slegs tussen die rooi en geel vlae op die strande te swem, nie alkohol te drink en dan te swem nie en versigtig vir sleurstrome te wees. Kinders moet ook altyd dopgehou word, veral naby water.
Bron: City of Cape Town





