Die organisasie The Sleep Charity het hulle top vyf wenke vir ’n beter nagrus in 2024 vrygestel. Om vrugte, veral piesangs, voor slaaptyd tyd eet, is bo-aan die lys.
Volgens die verslag is piesangs ’n goeie keuse omdat dit jou help om vinniger aan die slaap te raak. Piesangs bevat hoë vlakke van magnesium en potassium, wat spiere help ontspan.
Dit bevat ook aminosuurtriptofaan wat die produksie van breinkalmerende hormone stimuleer. Vrugte moedig oor die algemeen die produksie van melatonien aan. Melatonien is ’n hormoon wat natuurlik in jou liggaam voorkom en ’n groot rol in jou slaapkwaliteit speel.
The Sleep Charity beveel ook amandels, vis, hawermoutkoekies en Marmite voor slaaptyd aan. Hulle lê egter klem daarop om jou maaltye voor slaaptyd lig te hou.
Groot etes en etes wat pasta, brood en sjokolade insluit, kan jou nagrus ongemaklik maak en jou selfs wakker hou.
Nog wenke wat op hulle lys vir goeie nagrus is, is om skerms soos televisies en selfone voor slaaptyd af te skakel. Verder stel hulle ontspannende aktiwiteite soos bad of lees voor, voordat jy in die bed klim.
Bronne: SkyNews, Amerisleep, The Sleep Charity





