‘n Totaal van 291 verbode immigrante is van Sondag 2 Julie tot Maandag 3 Julie 2023 tussen 22:00 en 10:00 van die voormalige polisieopleidingsentrum te Maleoskop in die Sekhukhune-distrik, Limpopo, verwyder.
By hierdie voormalige opleidingsentrum is duisende polisielede takties opgelei om hul diens te verrig.
Kol. Malesela Ledwaba sê die Groblersdal-polisie saam met Binnelandse Sake, Maatskaplike Ontwikkeling, SAPD K9, Sigbare Polisiëring en speurders was deel van die operasie.
‘n Totaal van 291 verbode immigrante is in hegtenis geneem wat 115 mans, 55 vroue en 17 kinders van Zimbabwe en 62 mans, 51 vroue en 15 kinders van Mosambiek, insluit. Hulle is binne 48 uur na hul onderskeie lande gedeporteer.
Sewe buitelandse burgers – vier DRK-burgers, twee Mosambiekse burgers en een Eritrese burger – is kragtens Artikel 49(1)(a) van die immigrasiewet vrygelaat.
Sew buitelandse burgers – vier van die DRK, twee van Mosambiek en een van Eritrea – is kragtens Artikel 49(1)(a) van die immigrasiewet vrygelaat.
Tydens die operasie is daar op ses daggaplante vir vernietiging beslag gelê .
Sake van mensehandel is teen ‘n Kongolese verdagte wat na bewering twee meisies (16) van die Republiek van die Kongo verhandel het, gelê. Hy sal na verwagting gedurende die week op die klagtes in die Groblersdal-landdroshof verskyn.
Lt.genl. Thembi Hadebe het die gesamentlike optrede van verskillende rolspelers tydens die operasie geprys.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





