Verbygangers vang beweerde verkragter

NELSPRUIT. – ’n Beweerde verkragter (51) het Maandag in die Bushbuckridge-hof verskyn omdat hy glo ’n 31-jarige vrou vroeg Vrydagoggend in Violetbank, Bushbuckridge verkrag

Foto ter illustrasie: Canva

NELSPRUIT. – ’n Beweerde verkragter (51) het Maandag in die Bushbuckridge-hof verskyn omdat hy glo ’n 31-jarige vrou vroeg Vrydagoggend in Violetbank, Bushbuckridge verkrag het.

Die slagoffer was op pad huis toe vanaf ’n taverne via die R40-roete toe sy van agteraf oorval is. Sy is na nabygeleë bosse gesleep en na bewering deur die verdagte verkrag.

Nadat die slagoffer deur die verdagte laat gaan is, het sy die aandag van ’n verbygaande Toyota Quantum getrek. Die insittendes van die voertuig het dadelik die verdagte agternagesit en gevang. Daarna is hy na die polisiestasie geneem en in hegtenis geneem.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris van Mpumalanga SAPD, het die verbygangers bedank dat hulle nie die reg in eie hande geneem het nie, maar eerder die verdagte na die polisiestasie geneem het.

Sy het bygevoeg dat dit tragies is dat die voorval tydens die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog gebeur het.

Bronne: SAPD, Facebook

Nege ANC-lede sterf in busongeluk

Soek jy oulike bykomstighede vir jou bril?

Joe Biden se hond het geheime agente minstens 24 keer gebyt

Polisieman in hegtenis vir moord op vermiste paar

Wapenhanteerder op filmstel was ‘agtelosig’ – staatsaanklaers

Polisie vra vir hulp om man (72) te vind

Lotto uitslae vir 24 Februarie 2024

Wêreld se grootste slangspesie in Amasone gevind

[psac_post_carousel slide_show="3" category="2888"]