Verdagte doodgeskiet ná aanval op gesin op kleinhoewe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Vyf verdagtes wat met pangas bewapen was, het op 20 Junie ‘n gesin op ‘n kleihoewe in Mooiplaats, Pretoria-Oos, aangeval. Die aanval het geëindig in ’n gewelddadige konfrontasie met plaaslike reaksiespanne, waartydens een verdagte doodgeskiet is en ’n ander kritiek gewond is.

Ian Cameron, voorsitter vir die portefeuljekomittee van die polisie, parlementslid en misdaadaktivis, sê in ‘n sosialemediaplasing die gesin is oorval, maar het slegs matige beserings opgedoen. Die aanvallers het verskeie elektroniese toestelle en selfone gebuit voordat hulle gevlug het.

Echo1-reaksiespanne was binne sewe minute op die toneel en kon die verdagtes later opspoor. Tydens ‘n konfrontasie het die verdagtes die beamptes met wapens aangeval, waarop twee van hulle uit selfverdediging geskiet is. Een van die verdagtes is op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n ander een kritiek gewond is.

Cameron het in ‘n sosialemediaplasing bevestig dat die gesteelde items van die gesin, saam met ander vermoedelik gesteelde goedere, teruggevind is.

“Hierdie bende het volgens berigte die Mooiplaats-gebied al vir maande geteister. Speurders van Boschkop-polisiekantoor ondersoek die saak verder. Gemeenskapsamewerking en vinnige reaksie het lewens gered. Bly waaksaam.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief