Verdagte doodgeskiet wat glo betrokke was by moord op polisiebeampte, voertuigkapings

Lees ook :

Verdagte doodgeskiet wat glo betrokke was by moord op polisiebeampte en voertuigkapings fotokrediet: Canva

NGQAMAKHWE, OOS-KAAP. – ’n Verdagte wat glo betrokke was by die moord op ’n polisiebeampte en die kaping van verskeie voertuie is gisteraand deur die polisie doodgeskiet.

Lees ook: Sakeman naby Hazyview doodgeskiet

Die verdagte het na bewering ’n polisiebeampte doodgeskiet wat op pad was werk toe en het daarna op die vlug geslaan. Hy het glo vyf voertuie gekaap terwyl hy gevlug het.

Die verdagte het die laaste voertuig in Ngcobo gelos en verder te voet gevlug. Die polisie sê hulle het hom opgespoor, waarna hy op hulle begin skiet het. Die man is dood toe die polisie sy vuur beantwoord het.

Die onafhanklike polisie ondersoek-direktoraat is van die voorval in kennis gestel en sal die skietery van die verdagte ondersoek.

Bronne: SAPD

Lees ook: Sakeman naby Hazyview doodgeskiet

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief