Verdagte gearresteer wat ‘items in groentetuin by tronk versteek’

Lees ook :

Foto's: Departement van Korrektiewe Dienste

GAUTENG. – ‘n Verdagte is by die Odi Korrektiewe Sentrum in Mabopane, noord van Pretoria, deur korrektiewe beamptes in hegtenis geneem, nadat hy glo betrap is waar hy onwettige items wou smokkel.

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê in ‘n sosialemediaplasing die verdagte is by die kooltuin aangetref en het verdag opgetree. Korrektiewe beamptes het hom deursoek en R800 in sy besit gevind. Tydens ondervraging het die verdagte die beamptes na ‘n gedeelte van die tuin geneem waar hy 72 sakkies kristalmetaamfetamien (tik), 100 sakkies nyaope, ‘n selfoon en 15 simkaarte weggesteek het.

Die verdagte is in aanhouding by die polisie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief