Verdagte gesoek wat ‘vrou in haar woonstel oorval’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die Zastron-polisie het ‘n mannejag geloods nadat ‘n verdagte glo Sondagoggend omstreeks 00:30 ‘n vrou (37) in Voortrekkerstraat in haar woonstel oorval en beroof het.

Sers. Mahlomola Kareli sê ‘n huisroofsaak word ondersoek. Na bewering het die slagoffer van Aliwal-Noord na haar woonstel in Zastron gereis. Toe sy by die kombuis ingaan, het sy alles in orde gevind en is na haar badkamer en slaapkamer toe. Toe sy terug is na die kombuis om ete voor te berei, het sy die verdagte teëgekom.

Hy het haar glo met ‘n oop hand deur die gesig geklap. Sy kon haar in haar slaapkamer toemaak. Die verdagte het onsuksesvol probeer om die deur oop te maak, maar sy kon die deur met haar liggaam toedruk. Sy het geskree, waarna die verdagte by die kombuisdeur uitgehardloop het.

Die polisie het bevind die verdagte het toegang verkry deur die kombuisvenster oop te forseer. ‘n Oranje handsak met ‘n bankkaart, bestuurderslisensie, kosmetiese en kruideniersware is vermis.

Die verdagte is steeds op vrye voet en die polisie vra enigiemand met relevante inligting om lt.kol. Dipadi, die Zastron-stasiebevelvoerder, by 082 467 6284 te bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief