Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel
DURBAN. – Beskuldigde nommer een in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane het gesê speurders gryp na strooihalms terwyl hulle hom aan die saak probeer verbind.
Lindokuhle Mkhwanazi het enige betrokkenheid by die moorde in sy beëdigde verklaring aan die hof ontken. Hy het gesê die staat het ‘n swak saak teen hom. Mkhwanazi het gesê speurders gryp na strooihalms om hom aan die saak te verbind.
Hy is in Desember in hegtenis geneem vir ‘n ander saak met soortgelyke aanklagtes. Mkhwanazi het gesê speurders het beweer hy was betrokke in die AKA-Tibz-moorde en hy het dit dadelik ontken.
Hy het gesê hy moet op borg vrygelaat word, want hy is pas getroud, sy vrou is swanger en hy ondersteun sy sibbe.
Net Mkhwanazi, beskuldigde 3 en 5 doen vandag aansoek om borg.
AKA se pa glo steeds die meesterbrein agter die moord op sy seun is nog nie gevang nie.
Bronne: ECR, Jacaranda FM, SABC
Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel