Verdagte in Ben Gumbi-moord se borgaansoek heropen

Lees ook :

Verdagte in Ben Gumbi-moord se borgaansoek heropen
Verdagte in Ben Gumbi-moord se borgaansoek heropen fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Verdagte in moord op Ben Gumbi wil weer aansoek doen om borg

RUSTENBURG. – Die verdagte in die Ben Gumbi-moordsaak was suksesvol in sy aansoek om sy borgaansoek te heropen.

Sibongiseni Ngubane is een van vier mense wat beskuldig word van die moord op Gumbi buite ‘n koffiewinkel op 23 Augustus. Die ander drie verdagtes word nog gesoek.

Volgens ‘n video wat op sosiale media gedeel is, het twee mans Gumbi genader terwyl hy met sy foon besig was. Hulle het hom verskeie kere in die kop en bors geskiet voor hulle gevlug het.

Die ondersoekbeampte het gesê Ngubane sal in gevaar wees as hy op borg vrygelaat word, maar Ngubane het gesê daar is geen gevaar nie. Hy het ook gesê hy is ‘n Bolt-bestuurder en is R15 000 betaal om van Johannesburg na Rustenburg te ry waar die moord plaasgevind het.

Volgens Ngubane het sy vriend Sibiya hom gebel en gevra hy moet mense van Johannesburg na Rustenburg in ‘n blou VW Polo neem. Hulle het glo voorts gesê hy moet die kar los en in ‘n ander een klim. Hy het gesê hulle het nooit gesê wat hulle in Rustenburg gedoen het nie. Ngubane het voorts gesê die VW Polo is agtergelaat en iemand anders het die Toyota na Johannesburg bestuur.

Die saak sal op 5 Oktober voortgaan.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, Times LIVE

Lees ook: Verdagte in moord op Ben Gumbi wil weer aansoek doen om borg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief