Verdagte in hegtenis geneem wat glo meisie (17) ontvoer en vermoor

Lees ook :

Verdagte in hegtenis geneem wat glo meisie (17) ontvoer en vermoor fotokrediet: Canva

KANYAMAZANE. – ’n Verdagte (23) is in hegtenis geneem na hy glo ’n meisie (17) ontvoer en vermoor het.

Lees ook: Ontvoerde sakeman gered

Die meisie se familie het haar 05:45 op 14 Maart laas te voet op pad na haar skoolbus gesien. Die polisie het om 17:30 ’n oproep gekry van die verdagte wat gemaak het of hy ’n bekommerde inwoner van Kanyanazane is.

Hy het die polisie na ’n kamer gelei waar die meisie se liggaam in ’n duvet toegemaak is, steeds in haar skooluniform. ’n Tou was om haar nek en die res van die tou het van die dak afgehang. Die verdagte het beweer die kamer behoort aan sy broer en dat hy nie weet wat aangaan nie.

Hy is deur die polisie in hegtenis geneem na die voorlopige ondersoek hom as die verdagte uitgewys het. Die ondersoek is steeds aan die gang.

Die verdagte sal môre in die Kanyamazane-distrikshof voorkom.

Bronne: SAPD

Lees ook: Ontvoerde sakeman gered

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief