KANYAMAZANE. – ’n Verdagte (23) is in hegtenis geneem na hy glo ’n meisie (17) ontvoer en vermoor het.
Lees ook: Ontvoerde sakeman gered
Die meisie se familie het haar 05:45 op 14 Maart laas te voet op pad na haar skoolbus gesien. Die polisie het om 17:30 ’n oproep gekry van die verdagte wat gemaak het of hy ’n bekommerde inwoner van Kanyanazane is.
Hy het die polisie na ’n kamer gelei waar die meisie se liggaam in ’n duvet toegemaak is, steeds in haar skooluniform. ’n Tou was om haar nek en die res van die tou het van die dak afgehang. Die verdagte het beweer die kamer behoort aan sy broer en dat hy nie weet wat aangaan nie.
Hy is deur die polisie in hegtenis geneem na die voorlopige ondersoek hom as die verdagte uitgewys het. Die ondersoek is steeds aan die gang.
Die verdagte sal môre in die Kanyamazane-distrikshof voorkom.
Bronne: SAPD
Lees ook: Ontvoerde sakeman gered