Verdagte in hegtenis vir Saulsville-massaskietery

Lees ook :

Verdagte in hegtenis vir Saulsville-massaskietery fotokrediet: Canva

GAUTENG. – Een verdagte is gister in Limpopo in hegtenis geneem vir die massaskietery wat 6 Desember by ‘n onwettige taverne plaasgevind het.

Lees ook: Polisie op soek na 3 verdagtes in naweek se massaskietery

Die Gautengse ondersoekspan vir ernstige en gewelddadige misdaad het die verdagte in hegtenis geneem nadat hy deur die Limpopo-opsporingspan op die R101 in Westenburg voorgekeer is.

‘n Ongelisensieerde wapen, wat moontlik in die skietery gebruik is, is in sy besit gekry.

Die ander twee verdagtes wat deel was van die skietery waarin 12 mense dood en 13 beseer is, word nog gesoek.

Bron: SAPD

Lees ook: Polisie op soek na 3 verdagtes in naweek se massaskietery

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief