NOORDWES. – Jan Sereetsi (40) het gister in die Christiana-landdroshof verskyn en sal vandag weer op aanklag van moord voorkom. Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n 31-jarige man ná ‘n onderonsie vermoor en die liggaam geskend het.
Volgens kol. Adéle Myburgh is Sereetsi steeds in aanhouding.
Lt.kol. Amanda Funani verduidelik dat die voorval plaasgevind het nadat Sereetsi na sy gewese meisie toe is en haar in die geselskap van die slagoffer aangetref het. Na bewering het Sereetsi die slagoffer doodgesteek en sy liggaam in bosse ingesleep. Sereetsi het daarna na bewering die slagoffer se bene en privaatdeel afgesny en in ‘n rivier gegooi.
Die slagoffer is as vermis aangemeld deur Sereetsi se voormalige meisie, waarna die polisie inligting ontvang het van Sereetsi wat gesien is waar hy met ‘n kruiwa na die rivier loop. Polisieduikers is ontbied, en die oorledene se bolyf en een been is Donderdag in die rivier gevind. Vrydag is verder gesoek, en die res van die liggaamsdele is opgespoor.
Nadat Sereetsi gearresteer het, het hy Maandag vir die eerste keer in die Christiana-landdroshof voorgekom.