Verdagte in skietery met polisie dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KZN. – ‘n Verdagte wat glo ‘n aandeel gehad het in die opblaas van ‘n OTM by ‘n winkel in Esikhaleni, is vanoggend vroeg in ‘n skietery met die polisie dood.

Kol. Robert Netshiunda sê polisielede het op ‘n klag van ‘n OTM wat opgeblaas is, reageer. ‘n Verdagte wat glo die wegkommotor bestuur het, is spoedig in hegtenis geneem. Nog ‘n voertuig wat glo deur die verdagtes gebruik is, is in die Madlankala-area opgemerk.

“Met die verdagtes wat versuim het om wettige instruksies van die polisie te gehoorsaam en op die manne van die wet geskiet het, het ‘n skietgeveg ontstaan ​​wat daartoe gelei het dat een verdagte noodlottige skietwonde opgedoen het.”

Netshiunda sê ‘n vuurwapen is in die oorledene se besit gevind.

Daar word tans na die ander verdagtes gesoek wat in ‘n suikerrietplantasie ingehardloop het om arrestasie te vermy.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief