Verdagte met ‘gesteelde’ antiretrovirale medisyne vasgetrap

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – ‘n Verdagte (41) is Vrydag met ‘n aantal vermoedelik gesteelde Luvigen- en Myteladov- tablette in Phakathirylaan, Thabong, naby Welkom, gearresteer.

Lt.kol. Thabo Covane sê eenhede was met operasie Vala Umgodi besig toe ‘n wenk van ‘n man wat vermoedelik gesteelde eiendom in sy besit het, ontvang is. Die inligting is opgevolg en die verdagte wat aan die beskrywing voldoen, is opgemerk. Hy is gestop en deursoek, waarna 30 bottels Luvigen en 30 bottels Myteladov-tablette gevind en op beslag gelê is. Polisielede het by ‘n plaaslike apteek bevestiging gekry dit is antiretrovirale medikasie.

“‘n Saak van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, met ‘n bykomende klag van die oortreding van die wet op medisyne en beheerde stowwe is by Thabong-polisiestasie geopen.”

Die verdagte is aangehou en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief