Verdagte noodlottig deur polisie gewond, nog een beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Verdagte gewapende rower is Maandagmiddag in die middestad van Johannesburg deur die polisie doodgeskiet. Nog ‘n verdagte is gewond.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê twee sektorbestuurders van Johannesburg-Sentraal-polisiestasie het inligting ontvang van ‘n verdagte Quatum minibustaxi sonder ‘n nommerplaat met ses insittendes wat opgemerk is. Die sektorbestuurders is na die toneel van die verdagte voertuig en het gevind ‘n slagoffer van ‘n Toyota Tazz is reeds in die minibus ingedwing, terwyl daar probeer is om ‘n tweede slagoffer uit die Tazz te verwyder.

Die verdagtes het die polisie opgemerk en na hulle geskiet, waarop die polisielede teruggeskiet het. ‘n Verdagte is noodlottig getref en nog een is gewond. Vier verdagtes het te voet van die toneel gevlug.

Twee vuurwapens, waarvan die reeksnommers afgevyl is, is in die verdagtes se besit gevind. Die gewonde verdagte is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem. Hy sal van gewapende roof, ontvoering en kaping aangekla word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief