Verdagte oor ‘verkoop van Android TV-bokse met MultiChoice-inhoud’ in hof

Lees ook :

Foto: MultiChoice

GAUTENG. – ’n Verdagte (52) verskyn vandag (Donderdag) in die Protea-landdroshof nadat hy glo die Kubermisdaadwet 19 van 2020 oortree het deur vals Android TV-bokse te verkoop.

Luidens ‘n verklaring van lt.kol. Christopher Singo, Valke-woordvoerder, het die man volgens die Johannesburg-ondersoekspan die bokse met MultiChoice-inhoud gelaai en teen R2 600 per jaar aan kliënte verkoop. Op 5 November het die Valke saam met die Protea- plaaslike kriminele rekordsentrum, misdaadintelligensie en MultiChoice, ’n soek-en-beslagleggingsoperasie in Lenasia uitgevoer waartydens op Android TV-bokse, afstandbeheerders, kabels, ’n skootrekenaar, USB-stokkies en ’n selfoon beslag gelê is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief