Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte is dood en ‘n tiener in hegtenis geneem tydens ‘n beweerde roof vroeër vandag by ‘n Shell-diensstasie in Mosstraat in Verulam.

Reaction Unit South Africa sê hulle lede het ‘n operasie saam met die polisie uitgevoer nadat inligting van ‘n beplande roof by die diensstasie ontvang is.

Wetstoepassingsagentskappe was in ongemerkte voertuie by die perseel. Reaksiebeamptes het die winkel kort na die vermeende rowers binnegegaan. Die verdagtes het begin skiet, waarop die reaksiebeamptes teruggeskiet en ‘n verdagte in sy kop getref het. Die gewonde verdagte het na die busstaanplek in Irelandstraat gevlug en inmekaargesak. ‘n 9 mm-pistool is in sy besit gevind.

Nog ‘n verdagte (19) is deur Rusa en die polisie in ‘n bos langs die R102 in hegtenis geneem. ‘n Vuurwapen is ook in sy besit gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief