ATTERIDGEVILLE. – Een verdagte in verlede week se massaskietery in Atteridgeville, waarin 12 mense dood is en 13 gewond is, se vuurwapen is met die skietery verbind.
Lees ook: 11 dood in massaskietery
Ballistiese toetse, uitgevoer op ‘n vuurwapen en ammunisie wat in die verdagte, wat in Polokwane in hegtenis geneem is, se besit was, verbind die vuurwapen positief met die skietery.
Die verdagte sal vandag in die hof verskyn op aanklagtes van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie en sal môre op 12 aanklagtes van moord en 13 aanklagtes van poging tot moord voorkom.
Die ander twee verdagtes in die skietery word steeds gesoek.
Bron: SAPD
Lees ook: 11 dood in massaskietery





