NOORD-KAAP. – ’n Gesoekte moordverdagte (64) is Woensdag, ná ’n gesamentlike operasie deur die Noord-Kaapse opsporingseenheid in Mosselbaai in hegtenis geneem. Die man is in verband met die moord op sy suster in Kimberley in 2020 gesoek.
Sersante Cedric Nelson en Given Mokoena, met die bystand van Da Gamaskop-SAPD, Mosselbaai-SAPD en die Wes-Kaapse Sea Border Unit, het op inligting oor die verdagte se verblyfplek gereageer en hom in Heiderand, Mosselbaai, opgespoor en in hegtenis geneem.
Hy sal binnekort in die Kimberley-landdroshof voorkom.
Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris in die Noord-Kaap, het die interprovinsiale samewerking wat tot die suksesvolle inhegtenisneming van die verdagte wat lank die gereg ontwyk het geprys.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





