Verdagte vas vir beplande bomaanval by Lady Gaga-konsert glo onlangs uit VSA gesit

Lees ook :

Verdagte vas vir beplande bomaanval by Lady Gaga-konsert glo onlangs uit VSA gesit fotokrediet: X

BRASILIЁ. – Die verdagte wat glo die bomaanval vir Lady Gaga se konsert op Saterdag beplan het, is na bewering onlangs uit die VSA gedeporteer.

Lees ook: Polisie verhinder beplande terreuraanval by Lady Gaga-konsert

Volgens die Brasiliaanse polisie het Luis da Silva (44) beplan om bomme te plaas naby die verhoog waarop Lady Gaga in die Copacabana-konsert sou sing. ‘n Polisie-offisier het tydens ’n mediakonferensie beweer Da Silva het gesê Gaga is “’n Satanis en dat hy ook ’n Satanistiese ritueel gaan uitvoer deur ’n kind tydens die vertoning dood te maak”.

Da Silva het sy planne vir die bomaanval op sosiale media geplaas en die polisie kon dus betyds die aanval fnuik.

Die tiener (17) wat terselfdertyd in hegtenis geneem is, het glo nie iets met die bomkomplot te doen gehad nie. Hy het gesê hy is gevra om aanlyn proefiele te skep en haat te versprei. Die tiener is in hegtenis geneem vir die besit van kinderpornografie.

Da Silva is Maandag vrygelaat op borg na hy in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van ’n vuurwapen.

Bronne: The Independent, Daily Mail, UNILAD

Lees ook: Polisie verhinder beplande terreuraanval by Lady Gaga-konsert

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief