Polisie verhinder beplande terreuraanval by Lady Gaga-konsert

Lees ook :

Polisie stop beplande terreuraanval op Lady Gaga se konsert fotokrediet: X

BRASILIë. – Die Brasiliaanse polisie het gesê hulle het ’n terreuraanval wat Saterdag vir Lady Gaga se konsert op die Copacabana-strand in Rio de Janeiro beplan was, gefnuik.

Lees ook: Polisie glo nie daar was vuilspel betrokke by konstabels se dood nie

Verdagtes het sosiale media gebruik om ’n bomaanval vir Lady Gaga se konsert te beplan. ‘n Verdagte wat glo die leier van ‘n groep is wat die aanval beplan het, is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen in die suidelike staat Rio Grande do Sul. ‘n Tiener is in hegtenis geneem vir die besit van kinderpornografie.

Volgens die polisie is die aanval beplan deur haatspraak te versprei, veral teen kinders, tieners en die LGBTQ-gemeenskap. Die groep het glo ook tieners aangemoedig om hulself seer te maak en geweld in gekoördineerde aanvalle te pleeg.

Lady Gaga se span het gesê hulle het eers die oggend ná die konsert van die beplande aanval in die media uitgevind. Die konsert, wat gratis was, is deur meer as twee miljoen konsertgangers bygewoon. Dit was waarskynlik ‘n wêreldrekord, na ‘n konsert deur Madonna verlede jaar 1.6 miljoen mense op die strand gelok het.

Bronne: BBC, The Independent, CBS News

Lees ook: Polisie glo nie daar was vuilspel betrokke by konstabels se dood nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief