Verdagte vasgetrek wat weduwee uit oprit ontvoer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – William Aphane (31) en David Mashabela (43) is in hegtenis geneem nadat hulle Maandag ‘n weduwee (47) van Chaneng, in Phokeng, oorval, ontvoer en vir geld afgepers het.

Kol. Adéle Myburgh sê die voorval het in ‘n woonbuurt buite Rustenburg in Noordwes gebeur. Twee verdagtes is in Soshanguve, noord van Pretoria, in hegtenis geneem.

Die vrou het Maandagoggend vroeg van die werk af gekom toe sy in haar oprit deur vyf verdagtes oorval en ontvoer is. Sy is in die verdagtes se Mercedes-Benz forseer en mee weggery. Haar Toyota Corolla is ook gevat.

Haar veilige terugkeer is aan die vinnige optrede van haar seun (20) te danke. Nadat sy ma oënskynlik nie van die werk af teruggekom het nie, het hy haar selfoon gebel. Alhoewel sy ‘n verskoning gehad het, kon hy hoor iets is fout. Hy het haar voertuig se opsporingstelsel geaktiveer en gesien sy is nie waar sy gesê het sy hoort te wees nie. Die seun is na Mooinooi-polisiestasie en het sy ma as vermis aangemeld. Verskeie eenhede het saamgewerk en die ligging van die Mercedes-Benz is vasgestel, waar die twee verdagtes in hegtenis geneem is. Die weduwee se voertuig is verlate op Mooinooi teruggevind.

Myburgh sê die vrou is eers gedreig om geld in die verdagtes se bankrekeninge in te betaal voordat sy later die dag by die Akasia-polisiestasie in die noorde van Pretoria vrygelaat is.

Die verdagtes het Vrydag op aanklagte van ontvoering, die rig van ‘n vuurwapen en gewapende roof in die Bafokeng-landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding tot 19 April wanneer hulle formele borgaansoek aangehoor sal word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief