Verdagte wat koeldrank vra, in hof vir steel van voertuig

Lees ook :

Foto: Ter illustraie

NOORDWES. – Karabo Lipson Matlala (23) is op 13 Oktober in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n voertuig tydens ‘n toetsrit gesteel het. Die voorval het op die N12 tussen Klerksdorp en Wolmaransstad plaasgevind. Hy sal weer Vrydag vir ‘n borgtogaansoek in die hof verskyn.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, spruit die inhegtenisneming uit ’n voorval waarin Matlala na bewering ’n motorhandelaar in Orkney besoek het en voorgegee het dat hy ’n voertuig wou aankoop. Tydens die toetsrit het hy by ’n winkel in Klerksdorp gestop en die handelaar gevra om vir hom koeldrank te gaan koop. Terwyl die handelaar in die winkel was, het Matlala glo met die voertuig weggery.

Die gesteelde voertuig is later opgespoor en deur die polisie gestop. Dit is onbeskadig teruggevind.

Matlala het op 15 Oktober in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn op aanklagte van voertuigdiefstal en besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig. Hy bly in aanhouding en sal Vrydag weer in die hof verskyn vir sy borgtogaansoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief