LIMPOPO. – Dimakatso Seroka (51), Johannes Makgoga (56) en Virginia Mokgoga, wat in verband met die moord op kol. Lebyane Jeffrey Seroka, die voormalige stasiebevelvoerder van die Groblersdal-polisie, in hegtenis geneem is, bly in aanhouding nadat hulle Dinsdag in die Moutse-landdroshof voorgekom het.
Kol. Avele Fumba, Valke-woordvoerder, sê die saak is tot 28 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel . Dit hou verband met die moord op Seroka ses jaar gelede. Die drie verdagtes is deur die Valke in hegtenis geneem en sal weer in die hof verskyn wanneer die ondersoek verder gevorder het.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: