Verdagtes by tolhek glo verbind aan rooftog by Gqeberha-juwelierswinkel

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP. – Twee verdagtes wat by die Vaal Plaza-tolhek in die Vrystaat in hegtenis geneem is, word in verband met ’n rooftog Dinsdag by ’n juwelierswinkel in ’n inkopiesentrum in Gqeberha aangehou.

AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê luidens ‘n verklaring het ‘n groep gewapende verdagtes Dinsdag kort ná 11:00 die juwelierswinkel geteiken, waartydens ‘verskeie ‘n aantal juweliersware gesteel is. ‘n Klant moes ná die rooftog mediese behandeling ontvang. Skote is geskiet terwyl die verdagtes gevlug het en ‘n veiligheidswag het skraapmerke aan sy heup en been opgedoen. Die verdagtes is glo in ‘n wit Audi wat onderdak geparkeer was, vort.

Die Nelson Mandela-streek se misdaadbestrydingspan het vinnig gereageer, waarna ‘n skietery tussen die polisie en die verdagtes uitgebreek het. Een verdagte (30) is op die toneel in Gqeberha in hegtenis geneem en daar is op ‘n vuurwapen beslag gelê. ‘n Wit Audi, glo ‘n wegkomvoertuig, is later in Zwide aangetref. Tydens verdere ondersoek is bepaal dat ten minste drie voertuie by die rooftog betrokke was en een in die rigting van Bloemfontein gery het.

Die Vrystaatse polisie is ingelig, waarna die voertuig by die Vaal Plaza-tolhek onderskep is. Van die twee verdagtes in die voertuig het een ‘n vuurwapen uitgepluk, waarop ‘n skietery met die polisie ontstaan het. Albei die verdagtes is gewond en is tans in ‘n hospitaal onder polisiebewaking. Die polisie het op drie ongeregistreerde vuurwapens en vermoedelik gesteelde juweliersware beslag gelê.

Nkohli sê die verdagtes word van poging tot moord en besit van ongeregistreerde vuurwapens (drie sake) aangekla. Sodra hulle medies geskik is om vervoer te word, sal hulle ook aangekla word van roof en poging tot moord in Gqeberha. Die verdagte wat in Gqeberha in hegtenis geneem is, sal op 20 November op aanklagte van roof, poging tot moord en die besit van ‘n ongeregistreerde vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn.

Genl.maj. Thandiswa Kupiso, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die samewerking van die polisie en intelligensiegeledere geprys: “Deur samewerking en intelligensie-insameling kon ons kollegas van die Vrystaat die inhegtenisnemigs uitvoer en hierdie misdadige netwerk uitmekaarhaal. Ons wil die mense van die Oos-Kaap en toeriste verseker dat ons vasbeslote is om ernstige en geweldsmisdade in hierdie provinsie te bekamp. Ons doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor misdadige aktiwiteite om na vore te tree en ons te help om geregtigheid te bewerkstellig. Ons sal nou saam met ander provinsies werk om ernstige misdaad te bekamp.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief