Verdagtes doodgeskiet en op vuurwapens beslag gelê

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Twee verdagtes is vanoggend vroeg (Maandag) tydens ‘n skietery met polisiebeamptes dood. Die voorval het in Uvongo, in die Margate-polisiëringsgebied plaasgevind, waartydens daar op vyf ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê is.

Luidens ‘n verklaring van kapt. Ntathu Ndlovu het die polisie inligting ontvang oor persone wat glo onwettige vuurwapens in hulle besit het. Polisiebeamptes het ’n huis genader en hulle teenwoordigheid aangekondig, maar geen reaksie ontvang nie.

Met betreding van die woning het twee persone met vuurwapens op die polisie losgebrand. Die polisiebeamptes het teruggeskiet, waartydens die verdagtes noodlottig gewond is. Geen polisiebeampte is tydens die voorval beseer nie.

Twee AK47-aanvalsgewere en drie pistole is op die toneel gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief