Verdagtes in hegtenis vir ‘moord’ op werknemer van onderwysdepartement

Lees ook :

Verdagtes in hegtenis vir moord op onderwysdepartement werker
Verdagtes in hegtenis vir moord op onderwysdepartement werker fotokrediet: Canva

Lees ook; VN-skuiling in Gaza getref, 12 dood

POLOKWANE. – ’n Skoolhoof (49) en nog ’n manlike verdagte is in hegtenis geneem vir die beweerde moord op ‘n werknemer van die departement van onderwys, dr. Malekutu Johannes Mehlape (56) in Desember.

Mehlape is 28 Desember 2023 in sy huis in Mankweng Zone 1 doodgeskiet.

Nog drie mans is vir die moord op Mehlape in hegtenis geneem. Al vyf verdagtes sal vandag in die hof verskyn vir ’n formele borgaansoek.

Volgens die polisie het die verdagtes Mehlape se dogter ingewag en haar in die huis ingedwing. Hulle het haar pa gaan soek en geld geëis. Hy het vir hulle geld gegee en is toe geskiet. Die verdagtes het van die toneel gevlug na hulle glo nog iemand wat in die huis was beroof het.

Die polisie ondersoek nog die moord en nog inhegtenisnemings word verwag.

Bronne: SAPS

Lees ook; VN-skuiling in Gaza getref, 12 dood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief