Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagtes in hegtenis vir moorde op MK-partylede

Verdagtes in hegtenis vir moorde op MK-Party-lede

fotokrediet: Canva
Verdagtes in hegtenis vir moorde op MK-Party-lede fotokrediet: Canva

Lees ook: MK-Party beweer dood van lede was oor padwoede

KATLEHONG, EKURHULENi. – Die twee MK-partylede wat op 26 Mei doodgeskiet is, is ter ruste gelê.

Bongani Mkhwanazi en Xolani Nzimande is op 26 Mei geskiet na ’n beweerde dispuut met ANC-lede. Een van die mans is op die toneel oorlede en een by die hospitaal. Die MK-party het gesê hulle lede is dood na ’n padwoedevoorval.

Drie verdagtes is vir die moorde in hegtenis geneem. Hulle is glo lede van die Ekurhuleni Thatha-Zonke-anti-misdaadeenheid.

Die verdagtes het 28 Mei in die Palm Ridge-landdroshof verskyn, maar is borg geweier. Hulle sal weer op 24 Junie in die hof verskyn.

Bronne: IOL, Kaya959, ECR

Lees ook: MK-Party beweer dood van lede was oor padwoede