NOORDWES. – Vyf verdagtes het Vrydag en Dinsdag in die Mmabatho-landdroshof verskyn vir die moord op Manuel (59) en Maria Gomez (57). Die egpaar is op 24 April in ‘n rooftog op doodgeskiet.
Die verdagtes is Smanga Aron Saulo (37), Tebogo Vincent Kolea (31), Gofaone Ronald Sekobe (27), Gaofengwe Sekobe (21) en Clifford Sekobe (34). Die saak is vir ‘n formele borgaansoek na 28 Mei uitgestel. Volgens polisie-woordvoerder kol. Adéle Myburgh bly hulle in aanhouding.
Die moorde is by ‘n kroeg in Golfview gepleeg. Maria is op die toneel dood aangetref, terwyl haar man later in ‘n hospitaal aan sy beserings beswyk het. Verskeie items is teruggekry.
Enigiemand met relevante inligting kan kol. Kgosi Dihemo by 082 773 0630 bel.





