Verdagtes in Luke Fleurs-moord verskyn in hof

Lees ook :

Foto: Luke Fleurs Facebook-blad

GAUTENG. – Ndumiso Moswane(26), Fernando Sive (25), Nhlakanipho Dlamini(21), Franky Xaba (25), Maredi Mphahlele (36), en Thembinkosi Hlomikhawu (31) het Vrydag vir die eerste keer op aanklag van moord op Luke Fleurs (24) in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sĆŖ die verdagtes word van moord, roof met verswarende omstandighede, besit van vuurwapens, besit van ammunisie en regsverydeling aangekla. Die saak is tot 19 April uitgestel sodat die verdagtes, wat op 10 April in Slovoville in hegtenis geneem is, regsverteenwoordiging by Legal Aid South Africa kan bekom. Ondersoek vir die borgaansoek wat nog moet plaasvind, duur voort.

Luke Fleurs, Kaizer Chiefs Football Club-speler, was op 3 April met sy VW Golf 8 GTI by ‘n vulstasie saam met drie van sy vriende. Hy is na bewering deur twee gewapende verdagtes van ‘n BMW genader. Fleurs se ander vriende was in die winkel by die vulstasie. Die verdagtes het glo vir Fleurs en ‘n vriend wat nog in die voertuig was uitforseer, waarna die verdagtes ingeklim het. Met diĆ© wat hulle wegry, het Fleurs glo na die deur van die voertuig gegryp en hy is geskiet.

Nuusflits het op 4 April soos volg berig:

Luke Fleurs (24), professionele premierskap sokkerspeler van Kaizer Chiefs, is Woensdag in Honeydew omstreeks 20:30 by ‘n vulstasie buite sy voertuig doodgeskiet, waarna dit gekaap is.

Lt.kol. Mavela Masondo sĆŖ volgens petroljoggies het die oorledene by ‘n vulstasie op die hoek van 14de Laan en Hendrik Potgieterstraat in sy rooi WV Golf 8 GTI vir diens gewag. Twee gewapende verdagtes van ‘n wit BMW 1 Reeks het hom glo gekonfronteer, uit sy voertuig forseer en in die bolyf geskiet. Hierna het die verdagtes met die oorledene se voertuig weggery. Die verdagte voertuig het ook agterna weggery.

Die slagoffer is na die naaste mediese sentrum geneem waar hy dood verklaar is.

Lt.genl. Tommy Mthombeni het ‘n span gesoute speurders getaak met die ondersoek na die moord en kaping. Die verdagtes word gesoek. Enigiemand met inligting word versoek om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief