Lees ook: Nick Frischke-saak na streekshof geskuif
KAAPSTAD. – Die vyf verdagtes in die verdwyning van die Duitse toeris, Nick Frischke, kom weer vandag in die Wynberg-streekshof voor.
Die vyf verdagtes word aangekla van roof met verswarende omstandighede en die besit van ‘n vuurwapen na hulle kort na sy verdwyning in besit van Frischke se rugsak en beursie betrap is. Die verdagtes word ook ondersoek vir sy moontlike moord.
Frischke het op 14 Februarie verdwyn na hy op Hangberg gaan stap het. Hy is steeds nie gevind nie.
Igshaan Fisher, Jason Adonis, Vanroy Petersen, Carlo Guenantin en Melvin Guenantin sal vandag almal in die hof verskyn. Adonis is op R500 borg vrygelaat.
Bronne: Cape Talk, EWN, The Africa
Lees ook: Nick Frischke-saak na streekshof geskuif





